Barn Café

Rating 4.8 (average of 5 opinions)

Leer meer oor koffie, kyk kunswerke en kuier saam!

Barn Café


Kinders
Ons as ouers van jong kinders, wil graag ons kinders blootstel aan kuns en kultuur. Kinders is welkom by vertonings, in ag genome dat ouers verantwoordelikheid vir kinders aanvaar en kinders te alle tye onder die toesig van hulle ouers is. Kinders ouer as 7, neem 'n sitplek in beslag, en betaal volprys.

Kos
Ons het 'n pad gestap met kos, en met nie-kosse. Om verskeie redes sny ons grootliks graan uit ons dieët en vermy ons suiker. So ver moontlik, bly ons weg van alle geprosesseerde kosse met enige vorm van kleur- en geurmiddels. Ons eet kos, so na aan natuurlik as wat ons kan kry. Wat ons voorsit, is gluten- en suikervry. Vir versoeting word heuning en soms xylitol gebruik. Amandel-, pekanneut- en klappermeel word vir enige gebak ingespan.

Kuns
Visuele- en uitvoerende kunste lê ons na aan die hart. Ons word verryk en vind aanklank en inspirasie in dit wat kunstenaars ons bied. Ons wil dinge sien en hoor wat ons laat dink, ons grense verskuif, ons ongemaklik laat voel, maar wat ons bowenal in ons menswees laat groei. Elkeen van ons kom met 'n ander inslag, agtergrond en verwagting na die kunste, elkeen gaan 'n ander belewenis hê. Kunstenaars help om alledaagse dinge te onbloot en te verwoord.

    Coffee Shop, Restaurant, Art Gallery

    Coffee

   0783343867

   www.barncafe.co.za

      Facebook page

      Animal Farm B&B, Hartswater, South Africa

  Internal parking


   
          


Leave a comment


Other in the area

18th Ave

Hartswater


"Your favorite venues in one click"